Nuwe voorskrif vanaf 1 September 2026

Vanaf 1 September 2026 geld die volgende voorskrif:

Alle artikels sal ná keuring en hersiening gestuur word na ‘n professionele taalversorger wat deur die redakteur geïdentifiseer sal word. Die faktuur van die taalversorger sal aan die skrywer(s) gestuur word. TGW hef geen bladgeld nie, maar onversorgde artikels sal nie geplaas word nie.